2018 . . .

” . . .is aangewys as fotograaf van die jaar en was haar passie vir die kuns van fotografie so duidelik sigbaar in haar fotos.”

Read More

Beweging en Aksie in Augustus

Die tema vir die Riversdal Fotografieklub se Augustus foto-aand was “aksie / beweging”. 27 Inskrywings is ontvang vanuit die lede. Omrede die tema nie net aksie was nie, het dit fotograwe die kans gegee om ook enige bewegende onderwerpe in te skryf. Die tema het fotograwe uitgedaag om hul sluiterspoed van hul kameras beter te leer ken en was daar werklik pragtige resultate.

G Koch en L de Villiers het die eerste plek gedeel met “Oppas Jong” en “Jy kan my nie vang nie”, terwyl “Jaybay” van C Ferreira en “Nou Te Laat” deur C Botha ook aangewys is as goeie toonbeelde van aksie of beweging.

Alhoewel wenners en naaswenners aangewys word, word die temas gebruik om jou fotografiese vermoë te verbeter en bied die klub aan enige belangstellende die geleentheid om te kom saam kuier en saam te leer. Ons het ook al hierdie jaar gratis praktiese uitstappies aangebied na Blombos, Grootvadersbosch en tydens ’n plaaslike motorfiets tydryn wat vol aksie was.

air borne

Picture 1 of 27

 

 

Aksie x30

7 Julie het ons die kans gehad om tydens die plaaslike CSMX Enduro Motorfiets Tydren fotos te neem in samewerking met die organisiseerders. Hanli Kasselman, Koos Smit en Louw de Villiers het die geleentheid vasgevang en was dit groot pret!!!

Dit was modder, rook, klippe, stukke, water en nog wat wat kon spat. Die geleentheid vind plaas op Mont Blanc teen die berg en strek die roete halfpad teen die berg op. Dit was ‘n ongelooflike geleentheid om ons kamera spiere te oefen en die aksie vas te vang. Daar was soveel geleenthede om oomblikke van spoed, teëspoed en intense konsentrasie af te neem.

Indien jy belangstel om jou kamera beter te leer ken en om opwindende praktiese uitstappies soos hierdie by te woon, kontak ons gerus deur hierdie webblad, of besoek ons Facebook bladsy @RiversdalFotografieKlub om te sien waarmee ons aan die gang is.

Hier is 30 “previews” uit die tydren, waar daar amper 2500 fotos geneem is tussen die 3 fotograwe. Geniet dit en kom kuier saam met ons op ons volgende foto-aand op 16 Augustus om 19:00. Die tema is Aksie/Beweging.

CSMX2018-001

Picture 1 of 30

Daar wen sy met “Waterpas”

Almal se terugvoering was dat ons Junie tema, “Water”, rêrig besonderse fotos as inskrywings ontvang het. Indien jy dit dalk nog nie gesien het nie, kan jy jouself ‘n guns doen en gaan loer onder die “Fotos” opskrif en deur die maand se fotos loer onder “Water”.

Daar is 3 fotos uit die tema wat aangewys is as algehele wenners, maar moet die fokus op dit wees wat die fotograaf reg gekry het. Nicolene Oosthuizen het met “Waterpas” en “Legio” dit reggekry om iets so klein en perfek in die natuur vas te vang wat eintlik so “eenvoudig” is, maar op ‘n manier wat dit baie treffend maak. Eerstens, bring “Waterpas” presies dit na die kyker, ‘n druppel wat in perfekte balans op die punt van ‘n blaar rus. Daar is geen steurende elemente in die agtergrond nie en is die samestelling komplimenterend tot die boodskap van die foto. Daar is ook goeie gebruik van ‘n klein fokusdiepte om die kyker se oog op die druppel te bind.

Waterpas – N Oosthuizen

Die volgende foto wat aangewys is as een van die top 3 is “Legio” wat die dou druppels tydens sonop op ‘n spinnerak vasvang. Die mees treffende element van hierdie foto is die beeldskone kleur van die wêreld agter die spinnerak. Die herhalende patrone skep ‘n sterk beeld met ‘n “ander” perspektief op die wêreld rondom ons.

Legio – N Oosthuizen

“Smoke on the Water” bring ‘n landskap vanuit die Stilbaai omgewing na ons met ‘n besonderse beeld van perspektief en mis op die water. Die plasing van die voorgrond help om die foto diepte te gee en kan die kyker die rustige oggend ervaar.

“Smoke on the water” – L de Villiers

Water is WOW!!!

Ons tema vir Junie is “Water” en het die lede werklik hul kreatiewe “krane” oopgrdraai! Ons is opgewonde oor komende Donderdagaand se foto-aand waar ons die fotos van die tema deurgaan en saam leer oor fotografie. Loer gerus onder “Fotos” en kyk vir die “Water” Album.

Loading...
X